Solanales

Nastergalagtiges
Solanum melongena (Aubergine)
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Klade: Lamiids
Orde: Solanales
Juss. ex Bercht. & J.Presl, 1820[1][2][3]
Families

Die Nastergalagtiges (orde Solanales) is 'n een van die grootste groepe bedeksadige plante. Kenmerkend vir die meeste lede van hierdie orde is die buisvormige blomme waarvan die kroonblare vergroei is, asook die afwisselende blare. Die blomvorm wissel van reëlmatig tot sigomorf.

Heelwat nastergalagtiges, veral die egte Nastergalagtiges (familie Solanaceae) bevat alkaloïede soos nikotien en atropien wat dikwels deur die mens gebruik word, maar ook veroorsaak dat baie nastergalagtiges giftig is. Heelparty lede van hierdie plantgroep is vir die mens van nut en word as landbougewasse aangeplant. Die bekendstes is die aartappel, die tamatie, die groen en rooipepersoorte en die tabakplant.

Baie spesies word as sierplante gekweek. Die orde word in ongeveer vyftien families onderverdeel. Nastergalagtiges (orde Solanales of Tubiflorae) bestaan hoofsaaklik uit kruidagtige plante met relatief groot blare wat afwisselend gerangskik is en geen steunblare het nie. Die blomkranse het meestal vyf dele en is tweeslagtig (dit wil sê hulle het meeldrade sowel as stampers).

Die kroonblare is meestal tot 'n buis vergroei (vandaar die naam Tubiflorae), en die meeldrade is dikwels aan die kroon vergroei. Dikwels is daar slegs vier of selfs net twee meeldrade. Die vrug is meestal bostandig en bestaan uit twee vrugblare. Die blomme van die Tubiflorae wissel van reëlmatig met vyfledige kranse tot sigomorf met ʼn verminderde aantal (4 of 2) meeldrade.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named apgiii
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ref2
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Reveal

Developed by StudentB